2 maande gelede
Trump groet die Withuis
Donald Trump  ~ Getty Images

DONALD Trump het Woensdag vir 'n laaste keer die Withuis as president van Amerika verlaat. 

Hy is daarna na die Joint Air Force Base Andrews om 'n groepie ondersteuners toe te spreek voordat hy na Florida vertrek het.

Trump het aan sy ondersteuners gesê dit was die grootste eer om as hul president te dien. 

"Ek sal altyd vir julle baklei. Julle moet 'n goeie lewe het. Ons sal julle gou weer sien," het hy gesê.

Trump het ook die nuwe regering voorspoed toegewens en het gesê hy's seker dit sal 'n sukses wees. 

Hy het sy laaste paar ure as president spandeer deur 140 mense, insluitend sy voormalige raadgewer Steve Bannon en die rapper Lil Wayne, kwyt te skeld.

Hy het nie homself of enige van sy familielede kwytgeskeld nie. - Reuters


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters