9 maande gelede
Toe trek die tee
tea
'n Chinese vrou het tee bestel wat in haar man se gesig gegooi moes word.  ~ Foto ter illustrasie: Pixabay

’N CHINESE vrou het ’n take-away-tee bestel, haar eks se adres gegee en gevra die delivery-ou moet die tee in die eks se gesig gooi.

’n Video van hierdie bisarre voorval het nou viral gegaan.

By die bestelling het die vrou geskryf: “Jy hoef hom glad nie goed te behandel nie. Gaan gooi net die tee in sy gesig.”

Vreemd genoeg het die afleweraar gedoen wat die vrou gevra het – al lyk hy baie jammer terwyl hy die ou met tee gooi.

In die video blyk dit omstanders kan nie glo wat hulle sien nie.

Direk ná die gooiery gee die afleweraar vir die eks ’n nota om te verduidelik wat pas gebeur het. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters