Verlede maand
Tiger Woods geopereer ná ongeluk
Tiger Woods (Getty)
Tiger Woods  ~ Getty Images

DIE Amerikaanse gholfspeler Tiger Woods het 'n operasie aan sy linkerbeen ondergaan nadat hy ernstige beserings in 'n motorongeluk opgedoen het.

Woods (45) was Dinsdag alleen in die kar toe hy dit om 07:12 naby die Rolling Hills Estates in Los Angeles gerol het.

Die TGR Foundation, wat in 1996 deur Woods begin is, sê in 'n verklaring Woods het 'n lang operasie aan sy regterbeen- en enkel ondergaan.

Anish Mahajan, hoof- mediese beampte en tussentydse uitvoerende hoof by die Harbor-UCLA Medical Centre, sê Woods het beduidende ortopediese beserings aan sy laer been opgedoen.

Mahajan sê oop frakture aan die boonste en laer gedeelte van die tibia (skeenbeen) en fibula (kuitbeen) is gestabiliseer deur 'n staalpen in die tibia te plaas.

‘‘Bykomende beserings aan die bene van die voet en enkel is gestabiliseer met 'n kombinasie van skroewe en penne,’’ het Mahajan verduidelik.

Die swelsel aan die spiere en sagte weefsel van die been is ook tydens chirurgie verlig.

Die TGR Foundation het die dokters en personeel by Harbor-UCLA Medical Centre asook die Los Angeles County's Sheriffs Department en die brandweer bedank.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters