3 maande gelede
Texas is ’n mess
Stukke ys hang aan ’n bord langs ’n hoofweg in Killeen, Texas tydens ’n verwoestende winterstorm in die Amerikaanse deelstaat.  ~ Getty Images

DIE nadraai van die verwoestende winterstorm wat die grootste deel van Noord-Amerika laas week in sy yskoue winterkloue vasgegryp het, blyk ongelukkig nie sommer gou iets van die verlede te wees nie.

Veral Texas het erg deurgeloop. Dié Amerikaanse deelstaat in die suide is nie gewoond aan sulke ysstorms nie.

Texas was dus geensins voorbereid op laas week se ongekende koue toestande nie.

Karre

Die sneeustorm het Texas en sy mense soos ’n tienton-trok getref.

Baie mense voel die feit dat dit só ver suid só ongelooflik afgekoel het, is ’n direkte nagevolg van aardverhitting.

’n Week of wat later is duisende mense steeds sonder water en die karre staan steeds in lang rye omdat desperate Amerikaners ver moet ry en moet wag om net ’n bietjie drinkwater te kry. NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters