Verlede maand
Tanzaniër kry Nobelprys vir letterkunde
Abdulrazak Gurnah  ~ _Associated Press

DIE Nobelprys vir letterkunde is vanjaar aan Abdulrazak Gurnah, Tanzaniese roman­skrywer­ en genoot van die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (Stias), toegeken.

Dít is “vir sy vasberade en deernisvolle binnedringing van die uitwerking van kolonialisme en die noodlot van die vlugteling in die draaikolk tussen kulture en vastelande”.

Gurnah is die eerste Tanzaniër en die eerste swart skrywer van Afrika sedert Wole Soyinka in 1986 om dié toekenning te ontvang.

Hy is in 1948 in Tanzanië gebore en op Zanzibar getoë. Hy het ná die Zanzibar-rewolusie na Engeland gevlug.

Sy eerste roman, Memory of Departure, het in 1987 verskyn. Sedertdien het hy 10 romans en ’n aantal kortverhale die lig laat sien.

Sy romans sluit in Paradise (1994), wat die kortlys vir die Booker-prys en die Whitbread-prys gehaal het.

By the Sea (2001) het op die aanvanklike lys vir die Booker-prys verskyn en het die kortlys vir die LA Times-boekprys gehaal.

Gurnah het in 2006 ’n genoot geword van Brittanje se Royal Society of Literature.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters