7 dae gelede
Talle kids dood toe gebou val
ramp: ’n Vrou soek na goed in die puin nadat ’n gebou inmekaargestort het.Foto: reuters  ~ 

LAGOS. – Minstens tien mense is dood toe ’n gebou Woensdag in die Nigeriese hoofstad inmekaargestort het.

In die gebou was onder meer ’n laer- en kleuterskool.

Adesina Tiamiyu, die bestuurder van die Lagos State Emergency Management Agency, wou nog nie bevestig wat die totale sterftesyfer is nie.

Tonele van skok en hartseer het gevolg nadat die drieverdiepinggebou ingeval het.

Ouers, familielede en honderde omstanders wat gestaan en kyk het hoe reddingswerkers deur die puin soek, het bly vasklou aan die hoop dat daar oorlewendes gevind kan word.

Onbewus

Minstens 70 mense was in die gebou toe dit omstreeks 10:00 meegegee het.

Sunday Adeyemo, een van die mense wat in ’n woonstel in die gebou gewoon het, is die oggend daar weg – salig onbewus van die naderende ramp.

Hy’t eers later daarvan gehoor.

Sy sewejarige dogter is in die ramp dood.

Reddingswerkers het reeds 37 oorlewendes uit die rubble gehaal.

Hulle hou aan om na nog oor­lewendes te soek.

Die meeste van die slagoffers was kinders. The New York Times

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters