3 maande gelede
T-rex vat pad
virus
Spanje is op lockdown weens die corona-virus.  ~ Foto ter Illustrasie

SPANJE is sedert Saterdag vir twee weke op lockdown om die verspreiding van die corona-virus te help stuit.

Toe die cops in die week die strate van Murcia patrolleer, kom hulle op ’n man in ’n dinosourus-kostuum af.

Die cops het ’n video op Twitter gedeel. Die ou loop sukkel-sukkel in ’n oranje Tyrannosaurus rex-kostuum om vullis weg te gooi in ’n drom in die straat.

Newsweek berig die cops se twiet lui verder:

“Tydens die lockdown mag troeteldiere deur een persoon op ’n slag op kort uitstappies geneem word. ’n Tyrannosaurus rex tel egter nie. #blybydiehuis.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters