Verlede maand
Swaai-bohaai

’N MAN is afgeneem terwyl ’n kind stoot op ’n swaai op sy balkon, wat 24 m bo die grond is. Die beeldmateriaal is toe op Reddit gelaai.

Die skokkende video wys hoe ’n pa in Puerto Rico sy kind laat swing op sy balkon op die agtste verdieping.

Die video het al amper 70 000 “upvotes” gekry, en in honderde boodskappe word die pa se “onverantwoordelike gedrag” gekritiseer.

The Mirror berig die video is geneem deur Jonathan Padilla, ’n joernalis van Mexican Herald.

Hy skryf: “Dit lyk nie of die kind, vermoedelik sy dogter, met toerusting vasgemaak is nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters