11 dae gelede
Student trou - met haarself
Lulu
Lulu Jemimah het met haarself 'getrou'.  ~ GoFundMe.com

‘N STUDENT aan die Oxford-universiteit het met die enigste mens getrou wat sy weet na haar sal omsien – haarself.

Lulu Jemimah (32), oorspronklik van Uganda, het dié seremonie gehou omdat sy moeg was vir die druk wat haar ouers heeltyd op haar plaas om te trou.

Sy het op die kastige seremonie, wat in Uganda gehou is, selfs ‘n trourok gedra en op die tradisionele troumars geloop.

In haar toespraak het sy verduidelik hoekom daar geen bruidegom is nie.

Lulu verduidelik op GoFundMe, die webwerf waardeur sy studiegelde insamel, dat haar pa sy toespraak vir haar troue al geskryf het toe sy 16 was.

“My ma bid ook elke jaar op my verjaarsdag dat ek ‘n goeie man moet kry. Ek het toe besluit om almal gerus te stel deur op my 32ste verjaarsdag te trou met die een persoon wat ek weet na my sal omsien,” sê Lulu.

Haar ouers het nie die ‘trouseremonie’ bygewoon nie.

Sy het egeter al met haar ma gepraat wat steeds deurmekaar is oor die hele gedoente.

“Ek het aan haar verduidelik dat, deur ‘n trourok te koop, het ek bewys ek is reg om te trou,” sê sy. – Daily Mail.     

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters