DIE nuutste gier op Twitter is om ’n teksboodskap vir jou “number neighbour” – iemand wie se selfoonnommer met net een syfer verskil – te stuur.
Mense stuur ’n boodskap en deel dan screenshots van die gesprek aanlyn.
Een vrou het beweer dat Chris Evans, aka Captain America, haar number neighbour was en dat sy lekker met hom gesels het.
Sy het screenshots van die gesprek gedeel en selfs twee foto’s gepost van Chris wat haar glo video call.
Haar bubble is egter gebars toe die akteur op die twiet reageer en sê dit is fake. – NDTV