Verlede maand
Soldaat kry tronkstraf vir seks met man
'n Indonesiese soldaat het sewe maande tronkstraf gekry.  ~ Foto ter illustrasie: Son

’N SOLDAAT van Indonesië is sewe maande tronkstraf opgelê nadat hy seks met ’n ander man gehad het. 

Homoseksuele seks word deur dié land se weermag verbied en word as afwykende seksuele gedrag beskou. Hoewel homoseksuele seks in die weermag verbied word, is dit wel wettig vir burgerlikes.

Luidens die hofuitspraak is die 29-jarige soldaat van Kalimanta gewaarsku oor die verbod op LGBTQ+-gedrag in die weermag.

Jacaranda FM berig ’n lid van die Indonesiese vloot is in Julie ook tronkstraf van vyf maande opgelê omdat hy seks gehad het met ’n manlike diensman.

Verlede jaar het Amnesty International gesê minstens 15 lede van Indonesië se weermag of polisie is afgedank omdat hulle die afgelope jaar selfdegeslagverhoudings gehad het.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters