2 maande gelede
Slange op vlug
Slang hop saam
Slange en sker­pioene maak hulle tuis in Qantas-vliegtuie  ~ Foto ter Illustrasie

RATELSLANGE en sker­pioene maak hulle tuis in Qantas-vliegtuie wat te midde van die pandemie in die Kaliforniese woestyn staan.

Lugrederye wêreldwyd laat duisende vliegtuie weens reisbeperkings so rondstaan.

Australië se Qantas Airways sê in ’n verklaring die woestyn se droë hitte en lae humiditeit maak dit die ideale stoorplek – maar dit is ook die tuiste van giftige Mojave-ratelslange en skerpioene.

Besemstok

Nou moet Qantas se ingenieurs inspring en die gediertes verwilder.

Elk van die A380’s het ’n “wheel whacker” – ’n besemstok met die vliegtuig se registrasienommer daarop geskryf – as deel van sy ingenieurstoerusting.

Voor elke inspeksie stamp die personeel hul voete hard om die vliegtuig voordat hulle die wiele met die besemstok kap om die slange wakker te maak en te verwilder. NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters