Verlede maand
SA biljoenêr trou met prinses Diana se niggie
kitty spencer
Lady Kitty Spencer en haar Suid-Afrikaanse bruidegom, Michael Lewis.  ~ Facebook/Royal Style: Fashion and Jewels

DIE NIGGIE van die ontslape Prinses Diana, Kitty Spencer, en die Suid-Afrikaanse biljoenêr, Michael Lewis het oor die naweek afgehaak.

People berig die 30-jarige susterskind van prinses Diana het die naweek in die Villa Aldo Brandini in Italië met die sakemagnaat en voorsitter van Foschini-groep, voor familie en vriende getrou.

Die bruid se broers Louis Spencer, Burggraaf Althorp en Samuel Aitken het haar in die kerk afgegee. Haar tweelingsusters Eliza en Amelia met hul mans het ook die troue bygewoon. 

Bekendes, wat die troue bygewoon het, is onder andere Pixie Lott, Idris Elba se vrou, Sabrina, en die Made In Chelsea-ster Mark Vandelli.

Spencer is baie privaat en probeer haar liefdeslewe uit die kollig hou. 

“Dit is omdat liefde vir my die belangrikste ding in die wêreld is en dat ek dit met my hele hart sal beskerm deur dit nie ’n onderwerp van bespreking te maak nie,” meen die model. 

Dolce & Gabbana, met wie sy deur die jare gewerk het, het verskeie looks vir haar spesiale dag ontwerp. - Channel24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters