2 maande gelede
Rebelle in Moz moor SA burgers in aanval
KONFLIK: Islamistiese insypelaars het ’n dorpie in Mosambiek laas week aangeval.  ~ Rapport

TALLE Suid-Afrikaners tel onder die slagoffers wat Vrydag in Mosambiek dood is nadat rebelle-groep die dorpie Palma aangeval het.

Daily Maverick berig ’n konvooi van 17 voertuie het probeer vlug toe daar op hulle losgebrand is. Drie voertuie is toe vernietig en sewe mense is dood.

Net sewe voertuie met sowat 40 tot 50 mense kon wegkom, maar selfs van hulle is in die aanval dood, het ’n sekuriteitsbron gesê.

“Daar was een kar met ’n man en vrou en twee kinders in wat weggekom het, maar die man is vermoor,” aldus die bron.

Talle mense wat in ’n hotel geskuil het, insluitend Suid-Afrikaners, is ook dood in ’n aanval.

Regering

“Dié mense moes nie gesterf het nie. Die internasionale gemeenskap moet hiervoor verantwoordelikheid neem,” het ’n woedende sekuriteitssanalis gesê.

Die Dyck Advisory Group van Suid-Afrika wat kontrakwerk vir die Mosambiekse regering doen, het sedert Woensdag verskeie mense in Palma gered.

Die aanval op die dorpie kom kort nadat Total aangekondig het hy hervat bouwerk aan ’n depot. Werk is in Desember gestaak ná aanvalle naby die depot.

News24 berig pres. Cyril Ramaphosa het die naweek oor Palma vergader. Hy kan dalk die SA weermag se spesiale magte ontplooi.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters