3 maande gelede
Prof tronk toe wat student vermoor
Oleg Sokolov
Oleg Sokolov  ~ AFP

'N RUSSIESE geskiedenisprofessor se vryheid is ook nou iets van die verlede nadat hy skuldig bevind is aan die moord van een van sy studente.

Oleg Sokolov (64) het skuldig gepleit op die moord van die 24-jarige Anastasia Yeshchenko, 'n nagraadse student met wie hy in 'n verhouding was.

Sokolov, wat by die St. Petersburg State University gewerk het, het aan die hof gesê die moord is nie met voorbedagte rade gepleeg nie. Volgens hom het Yeshchenko hom tot totale waansin gedryf deur sy kinders uit 'n vorige huwelik te beledig.

Luidens die regter se uitspraak het Sokolov vir Yeshchenko vier keer met 'n jaggeweer geskiet voordat hy haar ledemate met 'n mes en 'n saag verwyder het.

Hy het die ledemate in sakke na die Myoka-rivier geneem en toe ingegooi. Toe die arms nie wou sink nie, het hy in die water gegaan, maar is betrap toe hy weens die koue nie weer kon uitkom nie.

Sokolov is 12 en 'n half jaar tronkstraf opgelê. - AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters