2 maande gelede
President van Haïti in sy huis doodgeskiet
NEW YORK, NY - SEPTEMBER 25:  President of the Rep
Pres. Jovenel Moise  ~ Riccardo Savi / Getty Images

'N NOODTOESTAND is in Haïti afgekondig ná die sluipmoord op pres. Jovenel Moise.

Moise is oornag deur aanvallers in sy private woning doodgeskiet. Die regering het die daad as barbaars beskryf.

Claude Joseph, tussentydse premier, sê in 'n verklaring die 53-jarige president se vrou, Martine, is ook in die aanval gewond. Sy ontvang tans mediese behandeling.

Joseph sê die polisie en die weermag het die veiligheidsituasie onder beheer.

"Alle maatreëls word getref om die kontinuïteit van die staat te waarborg en die land te beskerm," sê Joseph.

Die Dominikaanse Republiek het intussen bekendgemaak hulle sluit die grens wat hulle met Haïti deel.

"Die misdaad is 'n aanval teen die demokratiese orde van Haïti en die streek," het Luis Abinader, president van die Dominikaanse Republiek gesê.

Dit is nog onduidelik wie Moise as president gaan opvolg. - reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters