6 dae gelede
Porn vir almal
 ~ getty images

’N WERKER in China het onlangs sy kop lelik gestamp.

Hy het by die werk lekker porn op sy computer gekyk en glad nie besef dit wys alles ook op ’n groot advertensiebord langs ’n besige pad in Liyang nie.

Shanghai.ist berig die ou het gedink die outdoor screen is afgeskakel.

Dit was egter nog gekoppel aan sy werk-computer en geskokte motoriste het video’s en foto’s geneem en dit aanlyn gepost.

Die screening is eers 90 minute later gestop toe sy kollega hom van sy fout ingelig het.

Die voorval word nou ondersoek. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters