Verlede maand
Polisie in Amerika skiet meisie (16) dood
Die skietvoorval het in Ohia plaasgevind.  ~ Foto ter illustrasie

'N TIENERMEISIE is Dinsdagmiddag in Columbus, Ohio deur die polisie doodgeskiet.

ABC News berig die voorval het plaasgevind nadat die polisie omstreeks 16:30 gereageer het op klagte van ’n poging tot ’n messtekery in die suidelike deel van die stad. 

Die slagoffer, wat as Ma’Khia Bryant (16) geïdentifiseer is, is in 'n kritieke toestand na die hospitaal geneem waar sy later dood verklaar is.

Die polisie het laat Dinsdag ’n perskonferensie gehou waar hulle beeldmateriaal van die voorval gewys het. 

In die video kan gesien word hoe die polisiebeampte ’n geveg tussen verskeie tienermeisies nader.

Die skietery het plaasgevind sowat ’n uur voordat Derek Chauvin, 'n voormalige polisieman van Minneapolis, skuldig bevind is aan tweede- en derdegraadse moord van George Floyd. - ABC News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters