Verlede maand
Pink wil span se boete betaal
Pink
Pink  ~ Getty Images

DIE bekende sangeres Pink het aangebied om die Noorse handbalspan se "bikini-boete" te betaal.

Die span is deur die Europese Handbalfederasie (EHF) beboet omdat hulle geweier het om in hul bikini's teen Spanje te speel. Hulle het broekies vir die wedstryd aangehad.

Pink het intussen aangebied om die boete van $1765 (sowat R26 300) te betaal.

Die 41-jarige sanger het op Twitter gesê: “Goed, dames. Ek betaal graag julle boetes. Hou so aan.”

Sy het bygevoeg dat die EHF eerder ’n boete vir hul seksisme moet kry. 

Die Noorse Handbalfederasie staan bankvas agter hul span en het ingestem om die boete ten volle te betaal.

Die span het almal op sosiale media vir die ondersteuning bedank.-Algoa FM

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters