28 dae gelede
Ou raak broeis
 ~ 

’N MAN in Nederland moes ’n noodoperasie ondergaan nadat hy 15 hardgebakte eiers in sy stêre opgedruk het.

Die 29-jarige man het ’n rape drug gedrink en terwyl hy onder die invloed was, het hy die blink idee gekry om eiers in sy agterent te druk.

Hy het sy dermkanaal in die proses geskeur en moes geopereer word.

Volgens ’n Nederlandse gesondheidstydskrif het hy darem eers die doppe afgehaal.

’n Dokter het gesê hy is ’n paar dae in die hospitaal gehou vir waarneming voor sy ontslag. – metro.co.uk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters