3 maande gelede
Ou ontvoer homself om nie te werk
dfd
Brandon Soules soos hy gevind is.  ~ Twitter

MENSE is nie altyd lus vir werk nie, maar 'n Amerikaner het tot die uiterste gegaan om nie in te klok nie.

Die 19-jarige Brandon Soules van die deelstaat Arizona het sommer sy eie ontvoering versin. Volgens die polisie in Coolidge is Soules vasgebind en met 'n bandana in sy mond langs 'n pad gevind.

Hy het aanvanklik vir die polisie vertel dat twee gemaskerde mans hom ontvoer het en in die area gedump het waar hy gevind is. Verdere ondersoek het egter verskeie teenstrydighede ontbloot.

Die polisie sê in 'n verklaring 'n uitgebreide ondersoek het gevind dat die storie opgemaak is en dat geen ontvoering of aanranding plaasgevind het nie.

Soules het later ook self bos gelos en is in hegtenis geneem. 

Luidens 'n berig in Daily Mail het sy werkgewer The Tire Factory hom intussen afgedank. - NDTV


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters