Verlede maand
Ou kry sy stekie
Belèn Pèrez Maurice het ja gesê  ~ Belèn Pèrez Maurice

MARÍA Belén Pérez Maurice, ’n Argentynse skermer, het die ja-woord gegee nadat haar liefie en afrigter Maandag op die Olimpiese Spele op een knie gegaan het.

Terwyl sy joernaliste se vrae beantwoord, het haar afrigter, Lucas Guillermo Saucedo, vir haar ’n briefie gewys.

Dié briefie het gelees: “Wil jy met my trou?”

Hy het angstig bygevoeg: “Sê asseblief ja, baie mense kyk na ons.”

Saucedo het op die Olimpiese Spele in 2010 dieselfde stunt probeer, maar tevergeefs.

Haar antwoord aan hom was toe: “Is dit ’n grap of wat?”

Sy het gelukkig dié keer ja gesê. NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters