Verlede maand
Ou in sop oor sop
 ~ Foto ter illustrasie

’N VRAAT is lekker uitgevang toe hy van die kos geëet het wat hy moes deliver.

In die surveillance­video kan ’n mens sien hoe hy in die lift die plastiekbak toemaak en terugsit nadat hy homself gehelp het. Daarna drink hy ook van die sop.

Dit het in die Chinese stad Sihui plaasgevind.

Volgens die Shanghaiist is die man ge-fire toe die video viral gaan.

Hy het vir Meituan, ’n gewilde food delivery app in China, gewerk.

Shanghaiist het die video Saterdag op sy Facebook-blad gelaai. Dit is intussen al meer as 200 000 keer gekyk. NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters