10 dae gelede
Ou in die kaktus
s­Foto:  ~ 

DIE bestuursvernuf van ’n ou van Tucson, Amerika, het hom duidelik in die steek gelaat.

Kai Scott (39) het Woensdag omstreeks 09:30 oor ’n sypaadjie gejaag en ’n saguaro-kaktus getref wat deur sy voorruit gebars het.

Toe die polisie kom van nader bekyk, het hulle gesien dit lyk of Scott eerder met die druiwekar gekom het.

Hy is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed en saak­beskadiging. Hy bly in aanhouding.

Hoewel Scott se pad vorentoe weens die ongeluk vir eers vol duwweltjies gaan wees, het hy wonderbaarlik net ’n paar skrapies opgedoen. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters