6 maande gelede
Ou gryp swaard
'n Brit loop hof nadat hy iemand met 'n swaard gejaag het.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

MANCHESTER (New Hampshire). — ’n Man word daarvan aangekla dat hy ’n 76 cm lange swaard gegryp en agter ’n ander ou aangehardloop het.

Dit was nadat die ander ou vir Benjamin Layland (47) gevra het om sy musiek sagter te sit, vertel die polisie in New Hampshire.

Layland het ontsteld geraak en die swaard gegryp. Die man het weggekom en niemand het seergekry nie.

Layland is krimineel aangekla vir iemand dreig.

Hy sou die volgende dag in die hof verskyn.

Dis onseker of ’n prokureur hom verteenwoordig. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters