2 maande gelede
Ou eject te gou
’n Franse man het per ongeluk die eject-knoppie gedruk.  ~ Foto ter Illustrasie

’N FRANSE man het hom per ongeluk uit ’n vegvliegtuig ge-eject en deur die lug getuimel voordat hy in ’n veld geland het.

CNN berig die anonieme man was so senuagtig tydens die joyride wat sy medewerkers vir hom gereël het, dat hy die eject-knoppie gedruk het – meer as 760 m bo die grond.

Gelukkig het die 64-jarige daarin geslaag om net met geringe beserings weg te stap.

Die man is ’n grootkop by ’n militêre wapenmaatskappy. Hy het geen militêre lugvaartondervinding gehad nie.

Die betrokke vegvliegtuig is ’n Dassault Rafale B. – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters