3 maande gelede
Netanyahu in isolasie
Israeli Prime Minister Benjamin Netanyahu
Benjamin Netanyahu  ~ AFP

ISRAEL se premier, Benjamin Netanyahu (70), is in afsondering nadat ’n assistent Covid-19 opgedoen het.

Sy kantoor het benadruk dis net ’n voorsorgmaatreël, want hy’t lank laas iets te doen gehad met Rivka Paluch. Sy was net drie dae by die knesset (parlement).

Toetse het gewys die regsgesinde veteraan-politikus, sy gesin en personeel het nie die virus onder lede nie. Netanyahu sal egter in kwarantyn bly totdat die departement van gesondheid dit opskort. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters