Verlede maand
Navorsers kyk na dagga
Foto: PSYCHOLOGY­TODAY.COM  ~ 

KAN dagga help in die geveg teen die corona-virus? Dís wat ses navorsers van ’n Kanadese universiteit aanvoer.

Hul studie aan die universiteit van Lethbridge in Alberta, Kanada, het bevind cannabidiol (CBD), ’n aktiewe bestanddeel in die daggaplant cannibis sativa, verfomfaai die reseptore van ’n ensiem, ACE2, wat in die longe en mukusmembrane teenwoordig is. Dis by ACE2 se reseptore waar die coronavirus aan menslike selle bind.

Ongelukkig kan jy nie Covid-19 weg rook nie, maar wie weet, dalk is daar irie medisyne in die pyplyn. – Preprints.org

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters