5 dae gelede
Naels is genail
Ayan­na Williams  ~ 

DIE vrou met die langste naels in die wêreld het verlede naweek haar naels ná drie ­dekades ­afknip.

­Volgens CNN het Ayan­na Williams, van Houston, Texas, die Guinness-wêreldrekord reeds in 2017 gebreek. Haar naels­ was toe 579 cm lank. Dit het haar ongeveer twee ure en twee bottels naellak gekos om ’n manicure te doen.

Williams het oor Paasfees haar naels vir die laaste keer gemeet voor hulle afgeknip is. Sy het toe haar 2017-rekord met ’n nuwe lengte van 733 cm ­gebreek.

Dit was ’n emosie­belaaide ervaring vir Williams gewees.

Sy sê: “Ek groei my naels al ’n dekades. Ek is nou gereed vir ’n nuwe lewe. Hoewel ek my naels gaan mis, weet ek dis hoog tyd vir hulle om te waai.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters