3 maande gelede
Musk min gespin
Elon Musk  ~ 

ELON Musk is nou die rykste man ter wêreld – ’n prestasie wat hy dink “vreemd” is.

Tesla Inc. en SpaceX se baas het Jeff Bezos, stigter van Amazon, danksy ’n beter aandeelprys verbygesteek op Bloom­berg se indeks van die 500 rykste mense ter wêreld.

Musk se netto waarde word nou gereken op $188,5 miljard (amper R3 biljoen).

Toe die Twitter-rekening Tesla Owners of Silicon Valley Donderdag die nuus deel wat die 49-jarige sakeman nou die meeste geld in die hele wêreld het, het hy reply: “Hoe vreemd. Wel, terug werk toe.” – NDTV

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters