Verlede maand
Ma in kindermoordsaak nou onder waarneming
lauren
Graham en Lauren het saam met hul drie kinders na Nieu-Seeland verhuis.  ~ Facebook

’N HOF in Nieu-Seeland het die Suid-Afrikaanse ma en dokter wat aangekla word van die moord op haar drie kinders vir psigiatriese waarneming gestuur.

Dr. Lauren Dickason (40) het Saterdag in die Timaru-distrikshof verskyn in verband met dié driedubbele moord wat nou wêreldwyd opspraak wek.

Ná ’n kort hofverskyning is sy na die hospitaal verwys vir evaluering.

Sy sal weer op 5 Oktober in die hof verskyn.

Die dokter wat eers in Pretoria gepraktiseer het, word daarvan aangekla dat sy haar tweelingdogters Maya en Karla (2) en hul ouer sussie Liane (6) vermoor het.

Hul pa, dr. Graham Dickason, het sy kinders se lyke ontdek toe hy van die werk af kom. Die gesin het net enkele dae gelede na Nieu-Seeland verhuis. – News24 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters