3 dae gelede
Lyk van atleet in huis gevind
Agnes Tirop op 12 September 2021 ná ’n wedloop in Herzogenaurach, Duitsland.  ~ Getty Images

DIE Keniaanse langafstandloper Agnes Tirop dood in haar huis gevind.

Die tweemalige bronsmedalje wêreldkampioen se Kenia in die 5 00m by die Olimpiese Spele in Tokio verteenwoordig, waar sy vierde in die eindronde geëindig het.

Athletics Kenya bevestig dat die 25-jarige dood gevind is in haar huis in Iten, nadat sy na bewering deur haar man gesteek is.

"Ons werk daaraan om meer besonderhede oor haar dood te kry."

Intussen berig die SABCnuus dat die polisie in Kenia opsoek is na Tirop se man.

Die polisie het aan die plaaslike media in Kenia genoem dat haar man haar ouers gebel en gehuil het. Hy het na bewering tydens die oproep gevra dat God hom vergewe vir wat hy gedoen het.

By haar huis het die polisie vir Tirop op haar bed met 'n steekwond in die nek aangetref.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters