3 maande gelede
Lekker, jou ou cracker!
'n Indiër het ’n nuwe Guinness-wêreldrekord opgestel.  ~ Guiness World Records

’N MARTIAL artist in Indië het ’n Guinness-wêreldrekord opgestel toe hy binne ’n minuut 256 okkerneute met sy elmboog platgedruk het.

Guinness World Records het die materiaal nagegaan en aangekondig Muhammad Rashid hou nou die rekord.

Die vorige rekordhouer was die Indiese martial artist Prabhakar Reddy. In 2017 het hy 229 okkerneute gecrush.

Die rekordhouer-organisasie het gesê Rahid het reeds in Desember die okkerneute laat kraak. – UPI

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters