Verlede maand
Kongo-cop skiet student oor masker
'N Polisieman in Kongo het 'n student geskiet omdat hy nie 'n masker gedra het nie.  ~ ter illustrasie

’N KONGOLESE polisieman is op soek nadat hy na bewering ’n student geskiet het omdat hy nie ’n masker gedra het nie.

Jacaranda FM berig die student was besig om ’n video te skiet toe die polisieman eis dat hy sy masker moet op sit tydens die verfilming. 

’n Vriend, wat ook teenwoordig was tydens die voorval, sê sy vriend Honore Shama, wie ’n student aan die Universiteit van Kinshasa is, was besig om ’n video te maak, as deel van sy praktiese werkvereiste.

“Ondanks sy verduidelikings en nadat hy ’n masker aan hom gewys het, het die polisieman, wat verwag het om geld aangebied te word, woedend geword.

Hy het Shama daarvan beskuldig dat hy weerstand gebied en hom point blank geskiet het.”

Gen. Sylvano Kasongo, hoof van die Kinshasa-polisie, sê die cop het van die toneel af gevlug en 'n soektog na hom is geloods.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters