3 maande gelede
Knaap wil sy pa in mang hê
Foto: WIKIMEDIA  ~ 

DIE polisie van Unterfranken, Duitsland, het ’n ongewone oproep gekry.

’n Laitie (5) het die noodnommer gebel om die cops te vra om sy pa op te sluit omdat sy pa oor ’n rooi robot gery het. Die oproep het skielik geëindig en die polisie het teruggebel.

Die pa het sorry gesê en sy seuntjie weer die foon gegee. Die knap was smoorkwaad teen dié tyd en het weer sy pa se verkeersoortreding genoem.

Die cop kon die outjie eindelik oortuig dis nie nodig om sy pa toe te kap nie. – ad.nl

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters