3 maande gelede
Kids uit skool geskop oor sekskat-ma
dfd
Crystal Jackson se kinders is uit die skool geskop oor haar gewaagde foto's.  ~ Skermgreep

'N AMERIKAANSE ma is aangesê om vir haar kinders 'n ander skool te soek nadat die ouers van medeleerders gewaagde foto's van haar op die internet gevind het.  

Crystal Jackson (44) sê hulle het haar vir alles wat sleg is uitgekryt en selfs van haar sexy foto's per e-pos aan die hoof van die Katolieke skool in Sacramento gestuur. Dit kom nadat die ouers haar OnlyFans-rekening ontdek het.  

OnlyFans is 'n aanlyn platform waarop gebruikers meestal eksplisiete inhoud met hul intekenare deel. Jackson, aanlyn bekend as Tiffany Poindexter, maak maandeliks sowat $150 000  (meer as R2,3 miljoen) met haar foto's en video's.  Jackson verduidelik haar tweede werk is nie pornografie nie, maar “meer soos bladsy 3-goed wat vir jare in gewone koerante gepubliseer is”.

Jackson sê die ouers het selfoon- en stemboodskappe aan haar en haar man, Chris, begin stuur.

“Ons is ’n klomp name genoem. Daar is gesê dis ontstellend, onsmaaklik en skokkend, en dat my kinders die skool moet verlaat,” vertel die ma van drie.

Sy sê hulle het verlede Sondagaand 'n e-pos van die skool ontvang waarin gesê word hul kinders is nie meer welkom by die skool nie.

Die egpaar sê hul kinders is baie ontsteld en geskok.

"Dit is nie die kinders se skuld nie. Wat ons doen, het niks met hulle te doen nie," sê Jackson.

"Straf jy kinders vir hul ouers se sondes? As 'n ouer 'n misdaad pleeg, word hul kind uit die skool geskop? Nee, hulle word nie. Ons het nie eens 'n misdaad gepleeg nie," voeg sy verontwaardig by. - news.com.au.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters