Verlede maand
Kerk gee Moesliems plek
GEBED MET SPASIëRINGFoto: REUTERS  ~ 

DIE Martha-gemeente van die Lutherse Kerk in Berlyn, Duitsland, het die nabygeleë Dar Assalam-moskee gehelp om riglyne vir fisieke distansiëring na te kom deur sy deure vir Vrydag-gebede in Arabies en Duits oop te maak in ’n skuif wat geloof word as ’n “fantastiese teken van solidariteit”.

Plekke van aanbidding het vroeër dié maand in Duitsland heropen, maar gelowiges moet ’n afstand van minstens 1,5 m tussen mekaar handhaaf. Die moskee kan daarom net 50 mense op ’n slag akkommodeer. – Al Jazeera

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters