Verlede maand
Jolbruid se troudag ’n nagmerrie
Humiliated bride. (PHOTO: Getty Images)
'n Bruidegom het by die onthaal van sy troue onthul dat sy vrou hom met vriende verneuk het.  ~ Foto ter Illustrasie: Getty Images

’N MAN in Engeland het op die onthaal van sy en sy vrou se troue van haar ontrouheid vertel, berig die Britse dagblad Mirror.

Shawn, een van die gaste by die troue, het die verhaal in die Graham Norton Show vertel.

Volgens Shawn het die bruidegom geweet sy verloofde verneuk hom met ag van sy vriende, maar hy het voortgegaan met die troue.

Sticker

Op die onthaal het die bruidegom gesê hy wil ’n game speel. Hy’t vir die gaste gevra om hulle borde om te draai.

Diegene wat nie ’n rooi sticker onder hulle bord gehad het nie, moes sit.

Ag mans het bly staan en die bruidegom sê toe sy vrou het hom met dié mans verneuk terwyl hulle nog verloof was.

“Nou gaan ek voort met die egskeiding,” het hy gesê en by die onthaal uitgestap.

Die Britse Sun berig die gaste was almal erg geskok oor wat gebeur het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters