4 maande gelede
Inbreker se lyk opgegaar
Crime Scene
Die inbreker se lyk is eers na Bruce Roberts se dood gevind.  ~ Foto ter illustrasie

'N OPGAARDER van Australië het 'n inbreker doodgeskiet en sy lyk 15 jaar lank in sy huis aangehou.

ABC berig Bruce Roberts het 70 bottels air freshener rondom die lyk gepak om die reuk te verbloem.

Dié makabere besonderhede is tydens die geregtelike ondersoek bekendgemaak.

Die ondersoek het bevind dat Roberts vir Shane Snellman in 2002 tydens 'n huisbraak doodgeskiet en die liggaam aangehou het.

Roberts is in 2017 aan natuurlike oorsake dood, maar Snellman se lyk is eers 'n jaar later gevind toe skoonmakers die plek moes skoonmaak.

ABC was Roberts 'n uiterse opgaarder wat weinig sy huis verlaat het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters