Verlede maand
Honderde daag op voor stadium vir Spele
olimpiese spele
Die Spele is verlede jaar weens die Covid-pandemie uitgestel  ~ 

HONDERDE mense het Vrydag buite die Olimpiese stadion in Tokio bymekaargekom.

Alles in die hoop om dele van die openingseremonie te vang, wat agter geslote deure plaasvind weens streng corona-virus-reëls.

Slegs 'n paar honderd hooggeplaastes en amptenare is toegelaat om die openingseremonie te aanskou. Die Spele is verlede jaar weens die pandemie uitgestel en daar was nog tot kort voor die openingseremonie vrese dat dit weer uitgestel kon word.

Menigte inwoners van Tokio het na die stadion gestroom, opsoek na die gees.

Skares het rondom die Olimpiese museum, langs die opgeknapte-stadion saamgedrom. Talle het ook tou-gestaan vir die kans om 'n foto te neem voor die veelkleurige Spele-ringe.

Buite die Sendagaya-treinstasie naby die stadion het sowat 'n dosyn betogers 'n klein demostrasie teen die spele gehou.

Intussen het Chad le Clos en Phumelela Mbande met trot TeamSA verteenwoordiger as die vlagdraers. - Jacaranda FM

Olimpiese Spele
Olimpiese Spele
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters