2 maande gelede
Homey, my stêre kry lacy panties eerder as onties
bra manlik? Die Adamsgeslag kan ook nou panties en bra’s dra.Foto: hommemystere.com  ~ 

VROUE wat na hulle man se onderklere kyk en dink dit lyk darem baie dull, hoef nie meer alleen te voel nie.

As ’n mens na vroue­onderklere kyk, is daar soveel verskillende soorte.

Daar’s als van Brazilian en Bridget Jones-style panties tot straplose, multi-way- en waterbra’s.

En vir mans was dit net chicken or beef – boxers of briefs kies.

Tot nou toe. Dinge gaan nou verander en mans kan nou ook kies en keur.

’n Lingerie-company het nou begin om spesiale panties vir mans te maak.

HommeMystere verkoop lacy bra’s en knickers vir die man wat ’n sexy dingetjie onder sy klere wil dra.

Asof dit nie genoeg is nie, kan mans ook nou hulle eie silk nighties en body suits koop.

Die bra’s kom nie in vroue se sizes uit nie, maar hulle is te kry van piepklein tot ekstragroot.

Blykbaar hou baie vroue daarvan as haar man so sexy aantrek. – Mirror

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters