9 maande gelede
‘Hoër rat, Musk’
Bill Gates  ~ John Lamparski / Getty Images

AL SIT Bill Gates en Elon Musk nie om dieselfde vuur nie, glo die medestigter van Microsoft dis nie ’n goeie idee om Musk te onderskat nie.

Volgens Gates het Tesla, Musk se maatskappy wat elektriese voertuie maak, reeds baie teen klimaatsverandering gedoen.

Staal

Tog voel Gates klimaatsverandering vereis meer oplossings as die “maklike goed, soos passasiersvoertuie”. Hy dink ons met op ander industrieë ook fokus.

“Ons doen nie genoeg van die moeilike goed nie,” het hy in ’n onderhoud gesê.

CNBC berig die miljardêr dink ons moet nou ook op “staal, sement en vleis” fokus. – NDTV

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters