2 maande gelede
Hackers straks ‘ín’ jou huis
keyboard
 ~ 

HACKERS kan miljoene smart televisiestelle van enige plek op aarde beheer.

Volgens Consumer Reports (CR) buit hulle security flaws van TV’s soos Samsung uit.

Die snoopers versamel op dié manier data ín jou sitkamer!

CR is ’n onafhanklike, non-profit-organiasie en werk saam met verbruikers om te veg vir die waarheid, transparency en regverdigheid op die mark.

Dit raak ook die modelle wat deur TCL vervaardig word en ander brands wat die Roku smart TV-platform gebruik.

Selfs amateur-hackers kan dit doen. Hulle kan jou kanale en volume verander en vir jou offensive inhoud laat wys.

Die hackers doen dit oor die web, duisende kilometers weg. Hulle kan selfs inligting van jou steel. Maar hulle kan – nog nie – op jou spy nie.

Verlede jaar het Duitsland se federale-netwerk-agentskap ouers gewaarsku hulle moet ’n pratende pop, My Friend Cayla, vernietig. Hackers kan die onveilige Bluetooth device in die pop gebruik en inluister op die kind wat met haar speel. En vir jou wanneer jy met jou kind praat, het BBC News berig.

Die vervaardigers van die poppie, Vivid Toy Group, het beweer nog nie baie van die poppe is al gehack nie. Dit hou glo “geen spesiale risiko” in nie.

Experts het egter gewaarsku die probleem is beslis nog nie opgelos nie. Daily Sun

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters