4 dae gelede
Gevaar van Kuberafknouery styg in pandemie
Cyberbully-300
Volgens kenners het cyberbully tydens die Covid-19-pandemie toegeneem.  ~ 

INTERNASIONALE Dag teen Afknouery, 'n semi-jaarlikse gebeurtenis wat mense aanmoedig om 'n sigbare, openbare houding teen boelies in te neem, is Vrydag gevier.

Dit dien ook as 'n geleentheid om insig te kry op kuberafknouery en hoe dit jou kinders raak.

Suid-Afrika het 'n hoë voorkoms van kuberboelies. Die meerderheid Suid-Afrikaanse ouers (54%) weet van 'n kind in hul gemeenskap wat al die slagoffer van kuberboelies was.

Casey Rousseau, van 1st for Women Insurance, sê die gevaar vir kuberafknouery het nou toegeneem gegewe die ongekende toename in skermtyd tydens die corona-virus-pandemie.

"Terwyl baie sosiale media-platforms hul beleid ernstig opneem as dit kom by die pak van kuberboelies, bly kinders in gevaar en meer moet gedoen word," sê sy. 

Dié versekeringsmaatskappy  het in 2018 Suid-Afrika se eerste versekeringspolis vir kuberafknouery bekend gestel.

"Dit is nou die tyd dat ouers pro-aktief moet wees om met hul kinders oor aanlyn veiligheid en kuberboelies te praat," sê sy.

Rianette Leibowitz, kenner van kuberveiligheid en stigter van SaveTNet Cyber Safety, sê daar bestaan verskillende soort kuberafknouery. 

Dit is die proses om die internet en digitale platforms te gebruik om iemand doelbewus in die verleentheid te stel of seer te maak.

"Kinders het cyber-savvy ouers nodig om kinders dit te help hanteer. Jy kan op sosiale media by groepe aansluit, seminare bywoon en ook sien watter opvoedkundige sessies jou kinders se skole aanbied," beveel sy aan. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters