2 maande gelede
eSwatini-regering vra vir kalmte
Die eSwatini-regering ontken dat Koning Mswati III gevlug het.  ~ Wikimedia

DIE regering van eSwatini het Dinsdag vir kalmte gevra nadat betogings die koninkryk geruk het.

Die regering ontken ook dat Koning Mswati III gevlug het en nou in Johannesburg wegkruip.

Die waarnemende premier, Themba Masuku, het Dinsdag in 'n kort verklaring gesê die koning lei steeds die land.

Volgens die Swaziland Solidarity Network (SSN) is minstens een persoon in die betogings dood. Betogers eis demokrasie en ekonomiese vryheid in die land.

Die betogings het begin ná 'n bevel van Masuku wat die oorhandiging van petisies aan regeringsamptenare en parlementslede verbied

Lucky Lukhele van die SSN sê die weermag is Maandagaand ontplooi en dat baie betogers seergemaak en selfs gemartel is.

Lukhele vra dat veral Suid-Afrika en Mosambiek moet ingryp.

"Dié is Swaziland se onmiddellike bure. Enigiets wat in Swaziland gebeur, sal as hulle mislukking beskou word. So hoe gouer hulle inbeweeg en die situasie tot bedaring bring en ook vir Koning Mswati sê om met die inwoners van Swaziland te praat, hoe beter." - EWN


 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters