3 maande gelede
Engeland kondig inperking aan
Boris Johnson  ~ Reuters

ENGELAND is weer in lockdown.

Boris Johnson, Britse eerste minister, het Maandagaand dié besluit aangekonding as deel van pogings om 'n styging in nuwe Covid-19-gevalle te bekamp.

Johnson sê onmiddellike optrede was nodig nadat 'n nuwe en meer aansteeklike variant van die virus vinnig deur die land versprei het. Die nuwe variant is eerste in Brittanje opgespoor en kom nou ook in ander lande voor.

"Terwyl ek vanaand (Maandag) met julle praat, is ons hospitale onder meer druk weens Covid-19 as tydens enige tyd sedert die begin van die pandemie.

"Met meeste van die land reeds onderworpe aan uiterste maatreëls, is dit duidelik ons moet saam meer doen om die nuwe variant onder beheer te bring. Ons moet daarom 'n nasionale inperking instel wat streng genoeg is om die virus te bekamp."

Weens die inperking gaan nie-noodsaaklike winkels, skole en die gasvryheidsbedryf gesluit wees.

Johnson sê as die inentings soos beplan verloop en die aantal sterftes op die inperkingmaatreëls reageer, kan die land teen die middel van Februarie uit die inperking beweeg. - Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters