2 maande gelede
EFF nie bang vir Trump
Donald J. TrumpFoto: epa  ~ 

DIE rand het ’n knock gevat met Donald Trump se twiet.

Die Amerikaanse president het sy minister van buitelandse sake, Mike Pompeo, gevra om die kwessie oor plase wat sonder vergoeding oorgeneem gaan word, fyn dop te hou.

Business Tech berig die rand het met 1,7% verswak.

Die Suid-Afrikaanse regering het teruggekap en gesê hy verwerp die eng persepsie wat net besig is om die nasie te verdeel.

Die EFF het gesê hy is nie bang vir Trump nie.

Die EFF se leier, Julius Malema, het gesê nie Trump of sanksies sal hulle stop nie.

Hy het gesê hier is ’n massamoord van swart mense in Suid-Afrika en Amerika aan die gang. – News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters