3 maande gelede
Ebola-uitbraak eis talle
 ~ 

ALTESAAM 41 mense is dood in die nuutste Ebola-uitbraak in die Demokratiese Republiek van die Kongo, het die Kongolese gesondheidsministerie en Wêreld- gesondheidsorganisasie Dinsdag gesê.

Hulle het bygevoeg dat dokters ’n nuwe medisyne gebruik om pasiënte te behandel.

Sedert Maandag is 57 gevalle aangeteken. Laborato- riumtoetse het bevestig dat minstens 14 van dié sterftes deur Ebola veroorsaak is. – AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters