Verlede maand
Drie kinders dood, ma gearresteer
lauren
Graham en Lauren het saam met hul drie kinders na Nieu-Seeland verhuis.  ~ _Facebook

DRIE kinders van Suid-Afrika dood deur hul pa gevind, in hul nuwe huis in Nieu-Seeland.

Die drie se ma is kort na die ontdekking inhegtenis geneem en van moord aangekla.

News24 berig dat Lauren Dickason (40) na verwagting Saterdag in die Timaru-distrikshof sal verskyn.

Die Nieu-Seelandse koerant Stuff berig dat die kinders, die tweeling Maya en Karla (2) en hul suster Liane (5) se pa, 'n dokter, op hulle afgekom het.

Graham Dickason het op sy kinders afgekom toe hy Donderdag by die huis aankom.

Bure het hom hoor gil en vra: "gebeur dit regtig?"

Na wat berig word het die gesin slegs 'n maand gelede in Nieu-Seeland aangekom en was hulle maar 'n week in Timaru gewees.

'n Polisiewoordvoerder in Timaru, speur-inspek. Scott Anderson, sê die polisie wil die gemeenskap gerusstel dat die tragiese voorval 'n geisoleerde een was en daar na geen ander verdagtes gesoek word nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters