Verlede maand
Dr. Dre moet vrou fortuin betaal in spousal support
Skei
Dr Dre moet maandeliks sowat R4,4 miljoen aan sy eksvrou, Nicole Young, betaal.  ~ Verskaf

DIE rapper Dr Dre (55) sal nou sy alie moet afbetaal aan sy vrou, Nicole Young (51), in spousal support ná hul huwelik van 24 jaar beëindig is.

Hy moet $300?000, sowat R4,4 miljoen, van 1 Augustus af elke maand aan sy gewese vrou betaal.

In hofstukke wat Donderdag deur Page Six verkry is, word gesê dat dié rap-legende hierdie bedrag maandeliks sal betaal totdat Nicole weer trou of in ’n ernstige saamleef-verhouding is.

Sy het in 2020 ’n egskeiding ingedien en onthul dat Dr Dre haar mishandel het tot in ’n mate waarin sy nou posttraumatiese stres ervaar. Daar is geen kommentaar van sy verteenwoordigers op haar bewerings gelewer nie.

“Andre het my persoonlikheid mondelings en emosioneel afgebreek en as gevolg daarvan ly ek tans aan posttraumatiese stres-sindroom,” het sy gesê in die dokumente wat by die hooggeregshof in Kalifornië ingedien is.

Dr Dre (55) het die bewerings ontken en het aan die hof gesê hy het Nicole nog nooit mishandel nie. Die rapper se geskatte netto-waarde is tans ongeveer $800 miljoen, sowat R11 875 256 000. Dié twee is ouers van die 24-jarige seun Truice en die 20-jarige dogter Truly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters